... ’n jong geloofsgemeenskap en vormingsjaar.
Site Menu

Encounters

Encounters is retreat-styl kampe waar skoolgaande jongmense ’n ontmoeting met Christus ervaar. Encounters se uitgangspunt is dat daar ‘n spasie geskep word waarin God direk met elkeen werk – nie noodwendig net deur iemand anders se aanbiedings nie. Dit word bereik deur saam te kuier, tyd in die natuur, plaaswerk, musiek en stilte.  Encounters word deur Mosaïekpersoneel en TYO Pilgrims gefasiliteer.

Bywoning van Encounters is oop vir enige jongmens of gemeente oor die land heen. Daar word met  eenvoudige teksgedeelte gewerk. Die uitnodiging is om daarmee te loop en bewus te raak wat God self vir elke jongmens wys.  Hierdie innerlike werking van God word baie hoog geag op Encounters.

Indien ’n gemeente ’n groep jongmense stuur, kan daar ook tyd in die program ingewerk word vir die gemeente se leier/predikant om tyd met  hulle te spandeer.

Die koste vir 2017 se Encounters beloop R650 per persoon, wat alles insluit.  Die fasiliteite is baie gerieflik en meeste kamers het en suite-badkamers en lugversorging (sien gerus foto’s op gallery). Almal reël hul eie vervoer tot by TYO, Origins.

Datums vir 2017 Encounters +

Daar is nog twee Encounters oor vir 2017

  • 11 ‑ 13 Aug (Slegs vir Mezo Hoërskool-bediening)
  • 15 ‑ 17 Sept (Oop vir enige iemand)

* 2018 se datums word November bekendgemaak.

Terugvoer vanaf tieners +

“Die Encounter was ’n amazing geleentheid om net uit jou gejaagde lewe te ontsnap, selfs net vir ’n naweek, en net stil te raak by God. Deur die natuur en die stilte ervaar jy God op baie verskillende maniere wat jou oë weer opnuut oopmaak en vir jou nuwe krag en energie gee vir dit wat in jou lewe voorlê en dit wat jy nog moet aanpak.  Die kos was ook baie lekker!”

Gr. 12-dogter, Hoërskool Linden

“Dit was ’n amazing ervaring net om weer met die Here te kan connect. Om so lank stil te bly was nogal moeilik, maar dit was nog steeds lekker gewees. Ek het vir so lank nie die Here se presence gevoel nie, maar die kamp het my laat agterkom dat Hy altyd hier is al voel dit nie so nie.  Die kos was amazing.”

Anoniem

“Hierdie kamp het vir my die geleentheid geskep om met God intiem tyd te spandeer. Daar is baie vryheid vir my gewees om Hom te beleef op enige manier wat ek wou. TYO skep ’n veilige atmosfeer om God te leer ken.  Die kos was baie lekker.”

Gr. 11-seun, Alma Mater Akademie

“Die `encounter was vir my ongelooflik – ’n naweek wat ek saam met die Here kon spandeer weg van geraas en in die beeldskone natuur. Origins het ’n beautiful terrein en baie mooi kamers.”

Gr. 10 dogter, Hoërskool Randburg

“Hierdie retreat was vir my ’n life-changing ervaring. Dit was amazing om community te bou en nuwe vriendskappe te vorm, maar ook om net weer te re-connect met die Here en om Hom op ’n totaal nuwe manier te ervaar. Die kos was lekker en die fasiliteite amazing.”

Gr. 9-dogter, Breschia House School

“Ek het myself in ’n posisie bevind waar God deur my gewerk het om iets vir ander mense te sê oor hulself. Toe ek by die persoon kom, het ek hoendervleis gevoel en besef dit is Hy. Ek het nie geweet wat om te sê nie, maar by die persoon het die woorde by my mond uitgekom sonder om te dink. My ministry word waar, my droom om die Here uit te leef in elke oomblik van my lewe.”

Gr. 12-seun, Helpmekaar Kollege

Registrasie +

Ons sien baie uit daarna om jou te verwelkom by ’n Encounter.  Vul asseblief die onderstaande in en ons verskaf die nodige registrasievorms.