... ’n jong geloofsgemeenskap en vormingsjaar.
Site Menu

Leierspan

Verskeie mentors is betrokke, hetsy beraders, dosente, ens.

  • Roelof Nel (voltyds op TYO)
  • Johan Geyser
  • Werner Human, kliniese sielkundige
  • Jacques Bornman
  • Johan Heystek
  • Mizane Pieterse
  • Johan Beukes
  • Hermann du Plessis
  • Jeanetta Basson
  • Leonard Maré

Meer oor Roelof Nel

Roelof het op Stellenbosch gematrikuleer, waarna hy middestadsendingwerk gedoen het onder die Kaapse bendes.  Hy het beide sy B.Th en M.Div grade aan Stellenbosch Universiteit voltooi, waar hy ook as SR-Ondervoorsitter gedien het.  Na sy studies het hy Nuwe Testament gedoseer op ’n sendingstasie in Zimbabwe, vir die NG Kerk. Hy is geörden as AGS pastoor. Die afgelope vier jaar lei hy al Mosaïek se Nuwe Generasie-bedieninge. Hy is getroud met Marelize, ’n laerskoolonderwyseres, en hulle het ’n twee-jarige dogter Marni. Hulle woon voltyds op TYO se terrein. In sy vrye tyd is Roelof ’n Comrades- en Iron Man-atleet, en studeer ook verder nagraads in mistieke Christenspiritualiteit.