... ’n jong geloofsgemeenskap en vormingsjaar.
Site Menu

TYO se storie

Gedurende my grootwordjare het ek gesmag na ’n lewensveranderende avontuur.  Na ’n plek waar ek groot vrae kon vra.  Ek was moeg vir handboekantwoorde.  Ek wou my ware self vind, saam met ander jongmense.  Ek het mentors gesoek en wou die wysheid leer van die generasies wat voor my geleef het.

Ek wou ontmoetings met God hê, waar Hy direk met my werk.  Tot nou toe het ek Hom meestal net geken deur lessies of preke wat ander mense vir my gegee het. Ek wou sélf vir God ervaar en deur Hom geleer word.

Dit is ons droom vir TYO.

TYO is ’n akroniem vir The Young Ones.  Dit is ’n jong geloofsgemeenskap wat geleë is in die Cradle of Humankind in Maropeng.  Hier word ervarings van God gefasiliteer deur kuns, sang, die natuur, gebedsruimtes, Skrifgebruik en gesprekke.

TYO is deel van Mosaïek Gemeente in Johannesburg. Hoewel Mosaïek reeds Origins-retreatsentrum benut, word daar al vir jare gedroom om ’n tuiste te skep wat spesifiek gerig is op jongmense,  ’n plek waar jongmense eenkant kan kom om God te ervaar. Vir hierdie doel is die plaas langs Origins bekom.  TYO word in 2017 geloods vanuit Origins se geriewe terwyl die hoofterrein ontwikkel word. Daar woon voltydse personeel van Mosaïek op TYO.

TYO bied drie opsies vir jongmense, nl. Pilgrims, Companions en Encounters.