A pilgrim is a wanderer with a purpose
– Peace Pilgrim –
Daar is ‘n stem in elkeen van ons. ‘n Stem wat praat met daardie deel van jou wat hunker, verlang…. Wat weet daar is meer
Pilgrims 2020
EEN JAAR – KLOMP AVONTURE
’n ervaring waardeur jongmense, saam in ’n geloofsgemeenskap reis na volwassenheid deur verskeie prosesse en uitdagings
KOM SAAM OP DIE REIS VAN ‘n LEEFTYD
Leierskap- en emosionele ontwikkeling
Vier psigometriese hulpmiddels met deurlopende integrasie, sielkundige begeleiding, blootstelling aan leierskap uitdagings, hulpmiddels en mentors.
Spirituele praktyke
begeleiding en oefening in verskeie gemeenskaplike, persoonlike en geïndividualiseerde dissiplines.
Toekoms bemagtiging
Roepings onderskeiding, beroepsvelde en studierigtings ondersoek, talente ontwikkel, en lewensvaardighede aanleer (professioneel en persoonlik).


Pilgrimage 2020
Deelnemers van TYO se Pilgrimage 2020 word op ’n holistiese reis begelei, wat nie net kursusse en Afrika en Europese avonture insluit nie, maar ook kronkel na die donker dieptes van ons eensame binnewêreld. Pilgrims ontmoet baie mede-reisigers langs die pad. Sommige gaan saamstap as deurwinterde mentors, terwyl ander jonges afhanklik gaan wees van hul leierskap en invloed.
wanneer en waar?
Pilgrims is ’n voltydse residensiële program van tien maande lank (Februarie tot November), waartydens die jong gemeenskap op TYO se gronde in die Cradle of Humankind, Maropeng woon. Daar is ook ’n drie weke breek in die middel van die jaar.
“The spiritual experiences that people have are a result of looking inside themselves.” – Richard Rohr
KONTAK BESONDERHEDE
QUICK LINKS
VOLG ONS
