Select Page

Die Vision Quest is ’n antieke spirituele praktyk waar elke individu voorberei word om in die donkerte van die nag te gaan worstel met hom/haarself – om uiteindelik terug te kom met ’n vars visie van God af. Dit is ’n besondere spasie waar Jesus na elkeen toe kom, beide deur die natuur en deur deeglike introspeksie. In die middel van die jaar het die TYO span hierdie moeilikste pelgrimstog onderneem, die tog na die donker dieptes van hulself.

Ons begeleier Simon het die span uitgeneem teen die berge van Franschhoek, waar hul voorbereiding begin het om uit te gaan op hul ‘solo’. Nadat hul vir ’n paar dae deelgeneem het aan groepswerk waar hul verlede en maskers oopgemaak word, was hul reg vir ’n vars ontmoeting met hul Skepper.

Uiteindelik het elkeen uitgegaan om ’n lang tyd alleen in die natuur te gaan spandeer, toegerus met basiese middels om ’n skuiling te bou vir hierdie tyd van onderskeiding. Die onheilspellende donker wolke wat tot op daardie stadium opgebou het, het toe nie meer teruggehou nie. Die donker nag op die werk was gekenmerk deur ’n letterlike donderstorm.

Tot aan die einde van die jaar het die pilgrims teruggekyk op hierdie week as een van die hoogtepunte van hul lewe. Elkeen het op sy/haar eie geworstel deur die donker nag en uiteindelik het die son weer uitgekom en kon elkeen afkom van die berg af. Na nog ’n paar dae van groepswerk kon almal saam verteer waardeur hul gegaan het.

So moeilik soos wat hierdie reis was, het dit tot aan die einde van die jaar uitgestaan as die hoogtepunt van die jaar.

“SWEET DARKNESS” – DAVID WHYTE
When your eyes are tired
the world is tired also.

When your vision has gone,
no part of the world can find you.

Time to go into the dark
where the night has eyes
to recognize its own.

There you can be sure
you are not beyond love.

The dark will be your home
tonight.

The night will give you a horizon
further than you can see.

You must learn one thing.
The world was made to be free in.

Give up all the other worlds
except the one to which you belong.

Sometimes it takes darkness and the sweet
confinement of your aloneness
to learn

anything or anyone
that does not bring you alive

is too small for you.